
=====================================================================
Effekto (AV 6:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Effekto

In die uitgawe van Afrikaans Vandag van Maart 1999 is 'n publikasiegeleentheid aangekondig vir goeie kortverhale, waarvoor die "mark" 
beperk is vanwe die min Afrikaanse literre tydskrifte. Skrywers word versoek om net kort-kortverhale van 1 000 of minder woorde voor te 
l.

Deur Nanette van Rooyen   DIE kind sit saam met die son in die binnehof. Sy kyk hoe lank sy haar voete op die vuurwarm bakstene kan hou. 
Eers die hakke, die kant van die voet, 'n groottoon en dan die bol van die voet. Die verdikte vel onder die hakskeen wen.

Rondom haar voete hardloop klein swart miertjies teen 'n frenetiese pas agter iets aan of van iets af weg. 'n Sonbesie skreeu hitsig in die 
bure se enigste boom. As sy 'n insek was, het sy nou beslis die lyfsop uit haar voel sis. Die kind kyk op na die geelwit son wat die 
imprint van 'n rooie agter haar ooglede agterlaat. Sy voel hoe haar maag inmekaartrek toe haar o op haar ma se hangplant val. Die hen en 
kuikens. Foeitog jirre, die arme kuikens, dink sy. Die skroeiwind het hulle verskrompeld gelek. Die kind frons teen die son op na die blare 
wat gelerig en lou-groen vanuit die wit plastiekmandjie druip.

"Ma, Ma moet kom kyk hoe vrek Ma se plant," skreeu die kind die huis binne.

Dis twaalfuur die middag. Etenstyd, maar daar is nog nie 'n roering in die kombuis nie. Vandag ruik dit nie na Saterdag nie, en sy is 
oombliklik woedend daaroor. Gewoonlik braai haar ma slaptjips en viskoekies. Sy mis die reuk van warm olie en geblikte vis wat gewoonlik by 
die kombuisvenster uitgestroom kom soos 'n blink Griek-se-genie. Haar ma het nog nie vanoggend uit die kamer gekom nie. Die beteken sy het 
weer migraine. Ag jirre. Die res van die dag gaan die huis in watte gerol moet bly sit totdat die naar uit haar ma se kop getrek het en die 
syndols afgeloop het. Sy loop van die son af weg om vir haar ma 'n glas water kamer toe te neem.

Die kind hoor 'n roering in die badkamer. Dankie jirre, nou hoef sy nie meer katvoet te loop vir die res van die dag nie. "Ma, Ma se hen-en-
kuikens vrek buite van die hitte," roep sy deur die houtdeur na binne.

Die kind druk haar een oor teen die hol hout van die deur. Water klots, die seep glip plomp van die rand af tot in die water. Haar ma sal 
dit dadelik uitdiep en in die seepbakkie terugsit, want sy haat dit as die seep smelterig word van die warm water. 'n Boud skwiek teen die 
gladde enemmel. 'n Elmboog stamp 'n hol geluid van onder die water uit. Die geluide is vir haar so bekend soos die reuk van 'n Saterdag 
vanuit die kombuis. Die kind tik saggies-aanhoudend met haar middelvinger teen die hout. Toe sy ophou, hoor sy haar eie asem in haar 
linkeroor.

En toe die ruk van haar ma se asem wat rens tussen 'n snuif en 'n snik l. Dis net n twaalf op 'n Saterdagmiddag. Anderdae is dit 
etenstyd, vandag huil haar ma in die bad. Die kind kyk na die bot deur en hou haar asem op. Sy leun met haar o teenaan die toe deur en byt 
haar onderlip vas. Haar o klim vanuit die vae bruin wat wyd in haar kop kom l het en begin stadig fokus op detail. Sy sien 'n druppel 
vernis wat hard geword het op die hout. Sy vryf eers liggies daaroor met die hoop dat die onwennige knoppie sal meegee en afval. Toe dit 
nie werk nie krap sy woedend met haar nael daaraan om dit, ten alle koste, uit die weg te ruim. Sy wil h die deur se oppervlak moet weer 
glad wees. Glad soos enige ander Saterdagmiddag n twaalf. 'n Laag stof oor die verharde vernis keer aanvanklik dat dit nie skwiek nie. Die 
kind loop weg van die deur af kombuis toe.

In die kombuis haal sy 'n deurskynende plastiekbottel uit die besemkas uit. Die bottel het 'n swart tuit en 'n spuit aan sy kop. 'n Groot 
oranje e is op die kant van die bottel geteken.

Effekto, lees die kind.

Home and garden spray

Huis en tuin spuit

Sy sal solank haar ma se verlepte plant water gee. Dit is iets om te doen. Sy draai die swart spuitkop van die bottel af en vul dit met 
water. Toe sit sy die bottel op die roomwit melamine-oppervlak langs die botterpot neer en meet die watervlak met haar oog.

40 ml onder die basis van die nek

1000 ml bo die basis van die bottel

Die kind loop weer tot by die besemkas en haal 'n potjie met 'n wit deksel daaruit. Wolhuis se plantvoedsel (47) is uiters geskik vir 
potplante, blombakke en glashuisplante. Plaas een maatlepel (3 g) in 'n houer of gieter en voeg 1l water daarby. Giet oplossing een maal 
per week op die grond.

Daar is 'n spitsblaarblom op die deksel van die plantvoedsel. Die kind skud 'n klein lepel van die liggeel poeier by die bek van die 
plastiekbottel in. Sy skud-skud die bottel soos sy wegloop van die morskorrels liggeel poeier wat op die roomwit werkblad bly l.

Skud-skud loop sy verby die toe deur van die badkamer. Skud-skud tot onder die hen-en-kuikens se verlepte blare. Die verwaarloosde plant 
waarvan die prysplakker nog daaraan kleef. 'n Plakker wat s die plant het 'n nommer: 7349 en die prys was R19,75 indertyd.

Toe die kind die sneller trek, krimp haar rugstring saam met die skielike ontploffing wat uit die plastiek-spuiter kom. Hier en daar het 
die watersprei kolle op die moe plant se blare gelaat. Sy dink haar ma sal dankbaar wees daaroor.

Dit was tien voor een die Saterdagmiddag toe hulle haar ma uit die bad gelig het. Die water was kol-kol gevlek. Haar ma se rooi arms het 
moedeloos van haar lyf weggeval en so bly hang.

'n Vreemde reuk wat die dag gehad het, dink die kind. So troosteloos onbekend. Nanette van Rooyen was die wenner van Human & Rousseau en De 
Kat se Vonkfiksiewedstryd vroer vanjaar met haar "Tollie Hans". "Effekto" gaan ook in die bundel van veertig beste verhale verskyn.

KORTVERHAAL

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6218.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Junie 1999 /// Vier nasionale ampstale is beter plan (AV 6:2) /// 
Waardeer die Afrikaanse jeug prosa? (AV 6:2) /// S praat die mense (AV 6:2) /// 'n Pikante smakie (AV 6:2) /// Huislike 
geletterdheidsonderrig (AV 6:2) /// Afrikaans n die verkiesing (AV 6:2) /// Taalkennis is bron van vreugde (AV 6:2) /// Fees soek na 
taaloplossings (AV 6:2) /// Gedagtes oor tersire onderrig (AV 6:2) /// 'Hanteer' 'versigtig' kan goeie riglyn wees (AV 6:2) /// Die Groter 
Begrafnis (AV 6:2) /// 'Die taal waarin ek droom' (AV 6:2) /// Hier vonk die taal! (AV 6:2) /// Televisie: Wat is 'die regte ding om te 
doen?' (AV 6:2) /// 'Je parle Afrikaans  Paris' (AV 6:2) /// Leipoldt en Afrikaans (AV 6:2) /// Leer hoe om werk te skep (AV 6:2) /// 
Effekto (AV 6:2) /// Pansat: n die millennium (AV 6:2) /// ONS LESERS SKRYF (AV 6:2) /// Karoomense het eie praattaal (AV 6:2) /// 'Ek s 
ja' (AV 6:2) ///

